Call us directly: 0861 111 501

Licence: CMS BR5404 & FSP 19742

Authorised Financial Service Provider

CMAC Licence: FSP 17112  CMS: ORG 35

James Easton - Licence: CMS BR 39065

Gesondheidsorg meer as net ‘n prys’

2013/05/29 02:37:37 PM

Johannesburg – Discovery Health het gesê mense moet na meer as net die prys kyk wanneer hulle die koste van gesondheidsorg ontleed.
"Dit is nie net tariewe of pryse nie. Dit is ook die volume van dienste wat gebruik word en dít wat deur baie faktore geraak word. Die tekort aan dokters, groeiende las van chroniese siekte en die nuwe tegnologie wat teen ‘n hoë koste beskikbaar is in gesondheidsorg," het Jonathan Broomberg, uitvoerende hoof van Discovery Health, aan joernaliste in Sandton gesê.
"Al daardie faktore dra by tot die toenemende gebruik van dienste, wat meer is as die eintlike prysimpak op inflasie.
"Dit is nie net wat gevra word vir gesondheidsorg nie, maar ook wat gebruik word."
Broomberg het gesê Suid-Afrika se gemiddelde gesondheidsorginflasie is 3% meer as verbruikerprysinflasie.
"Dit is ‘n patroon; dit is hoog en dit het ‘n invloed op verbruikers, maar dit is nie die hoogste in die wêreld nie."
Broomberg het gesê ‘n onlangse internasionale studie oor gesondheidsorginflasie wat in 52 lande gedoen is, het getoon dat Suid-Afrika die agtste laagste vlak is.
– Volg Nuus24 op Twitter